Welkom by Bosbokstrand
Bosbokstrand is ‘n privaat natuurreservaat aan die Oos-Kaapse Wildekus en is deel van die Solidariteit Beweging.
Lees meer
Bosbokstrand is ‘n privaat natuurreservaat aan die Oos-Kaapse Wildekus en is deel van die Solidariteit Beweging.
Lees meer
As jy moeg is vir ʼn besige, gejaagde lewe is hierdie asemrowende strand met sy rotse wat hom toevou, groot skulpe en pragtige sonsondergange die ideale plek vir jou.
Lees meer
Bosbokstrand is ʼn lieflike kusvakansie-bestemming en is die perfekte plek om te gaan afskakel, jou batterye te herlaai en te ontspan.
[mphb_availability_search attributes=”unit-type”]https://vimeo.com/962255241
Bosbokstrand is ʼn privaat natuurreservaat aan die Oos-Kaapse Wildekus. Hierdie idilliese reservaat word omvou in ʼn baai tussen Haga-Haga en Cintsa en is ongeveer 70 km vanaf Oos-Londen. Die laaste 15km is ‘n grondpad.
Die strand is plek-plek met rotsbanke beklee en strek etlike kilometer ver. Dit is ʼn ware hengelparadys. Verder bied ʼn strandmeer veilige swemplek vir jou en jou kroos en vir die avontuurlustiges is daar asemrowende staproetes wat deur ongerepte bosse en klowe loop. Meer as 240 voëlspesies en 12 bokspesies, wat kameelperde en sebras insluit, kom daar voor. Bosbokstrand is ʼn lieflike kusvakansie-bestemming en is die perfekte plek om te gaan afskakel, jou batterye te herlaai en te ontspan.
Chalet A bestaan uit twee slaapkamers, ʼn sit-/eetkamer met ʼn slaapbank en lugversorger, ‘n goed toegeruste kombuis en een badkamer met ‘n stortbad. Daar is ‘n onderdak stoep en ‘n geboude braaiplek op die grasperk. ‘n Maksimum van 6 persone word toegelaat.
Prices start at:
R800 per night
Chalet B bestaan uit twee slaapkamers, ʼn dubbel slaapbank in die sit-/eetkamer en ‘n waaier, ‘n goed toegeruste kombuis en een badkamer met ‘n bad of ‘n inloopstort. Daar is ‘n onderdak stoep en ‘n geboude braaiplek op die grasperk. ‘n Maksimum van 6 persone word toegelaat. Gesluit gedurende Augustus. Twee slaapkamers Huisves ʼn maksimum van 6 persone ʼn Dubbel slaapbank in die sit-/eetkamer Goed toegeruste kombuis Een badkamer ʼn Onderdakstoep ʼn Braaiplek Geen TV nie Bedlinne word voorsien Bring eie handdoeke, vadoeke, toiletware en skoonmaakmiddels
Prices start at:
R700 per night
Lieflike ruim gras- en skadukampplekke in ‘n rustige kampterrein met ʼn gesinsfokus. Elke staanplek het ‘n krag-en waterpunt en daar is ʼn groot en skoon ablusieblok met ʼn wassery. Geen braaiers word voorsien nie. ʼn Maksimum van ses persone word per staanplek toegelaat. Die laaste 15km tot by die Natuurreservaat is grondpad.. Slegs beskikbaar gedurende skoolvakansies en oor langnaweke. Afgemerkte kampeerplekke onder koeltebome Krag- en waterpunte Slegs een woonwa met sytente, of twee tente Een parkeerplek per staanplek ʼn Maksimum van ses persone per staanplek Bring asseblief eie braaiers
Prices start at:
R380 per night
Kampeerplekke
Selfsorg-chalets
[activities columns=”3″ rows=”10″]